Aberdeen VLV Kuns Oggend

Aberdeen VLV se Junie 2019 vergadering fokus op die kunste.

Lea van der Vyver verwelkom almal en Annalie Lategan open met ‘n stukkie oor God se liefde vir ons.

Eerste aan die beurt is Aberdeen se eie internasionale glaskunstenaar, Marguerite Beneke, wat ‘n loodglas demonstrasie doen. 

Sy verduidelik die verskil tussen loodroeie en koperfoelie om die glasstukke te omraam, asook die verskil in die eienskappe van helder en gekleurde glas wat gebruik word.  Elke stap word verduidelik soos die sonvanger gemaak word – van die knip van die glasstukke wat moet pas, die soldeer van die koperfoelie, die was en daarna die patina opverf om die afronding te doen.  Lede vra ywerig vrae wat Marguerite geduldig en deeglik beantwoord.

Met die voltooiing van die kunstige sonvanger, word ‘n gelukkige trekking gedoen en Christelle Nel en Judith Dardis ontvang elkeen ‘n sonvanger wat deur Marguerite Beneke gemaak is.

Na tee en verversings wat kunstig deur Annalie Lategan en Luise de Jager voorsgesit is, vertel Annalie Lategan (Saamroeper Kunste en Handvlyt) die interessante verhaal van Leonardo da Vinci se lewe.  Hy word beskou as een van die grootste skilders van alle tye.  Nie alleen het hy geskilder nie, maar was geniaal met ‘n wye belangstellingsveld in o.a. wiskunde, wetenskap, ingenieurswese, argitektuur en literatuur om ‘n paar te noem.  Hy het ook verskeie uitvindsels gedoen, waarvan die meeste sy tyd vooruit was en nie gepubliseer is gedurende sy leeftyd nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *