Aberdeen VLV Erkenning

Tydens Sirkel Middelland se Konferensie op 20 Maart 2019, in die Sun Boardwalk Internasionale Konferensiesentrum in Port Elizabeth, het die Tak op verskeie maniere erkenning gekry.

Behalwe die Dankiepersoon, Jean Watermeyer, wat aangewys is, het die Tak het die trofeë ontvang vir Uitstaande Administrasie, sowel as 3de meeste nuwe lede.  Annalie Lategan het ook 3de plek in Woordkuns verower en kry 89% vir haar prosa getiteld “Niemand het dit verwag nie”.

Verder is Aberdeen se Voorsitter, Lea van der Vyver, reeds sedert 2017 Sekretaris van Sirkel Middelland en is sy tydens hierdie konferensie ook as Visepresident verkies.

Aberdeen VLV nooi vroue in die dorp en omgewing wat nog nie betrokke is nie om as gaste by te woon of te kom aansluit.  Die organisasie bied die geleentheid om ander vroue beter te leer ken en saam iets nuuts te leer, om jou talente te ontwikkel en om in die gemeenskap betrokke te raak.  Enige huidige VLV lid kan genader word in die verband.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *